
=====================================================================
Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Tussen Scylla en Charybdis deurvaar

Theunis Cloete is deur Afrikaans Vandag gevra om die bittersoet ervaring van sy 'omdigting' van honderd-en-vyftig Psalms in Afrikaans te 
deel.

VIR my was die omdigting van die ou Joodse gedigte, by ons bekend as die Psalms, 'n avontuurlike ervaring, met die vriendelike samewerking 
van teolo, himnolo, taal- en letterkundiges. Dit was 'n projek van buitengewone spanwerk en vir my een van die leersaamstes.

Die Psalms is van ouds gesing, en ook die moderne bewerking daarvan in versvorm op melodie gaan terug op 'n baie ou soort Westerse posie, 
di naamlik wat gesing is. Die eeue oue kombinasie van vers en musiek leef vandag nog voort in die sogenaamde lirieke wat die wreld oor 
gesing word, al gaan dit ongelukkig meestal meer om die singery en musiek as om die verskwaliteit.

Rondom die avontuurlike van die omdigting van die Psalms was daar egter ook tot my verbasing dieselfde soort knypens sonder laggens 
waarvoor die wreldlike literre doenigheid bekend is, dieselfde beslane lense, dieselfde "angry young men", en om korrek te bly dieselfde 
"angry young women". Wie dink dat jy met die ou Joodse literatuur werk in 'n net vriendelike Christelike wreld sonder slaggate en 
mynvelde, maak 'n fout.

Afgesien daarvan was die Psalms as sodanig vir my soos die spreekwoordelike turksvy of ui: daarbinne sit 'n mooi en soet digterlike vrug, 
maar daaromheen skille wat jou teister, jou vingers met dorings steek en jou o laat traan as jy by die vrug wil uitkom. Maar ook daar, in 
die vrug self, was alles nie so maklik verteerbaar nie.

Ek het begin insien dat die Psalms as gedigte dieselfde soort einas het as die wreldlike gedigte. Ek het voor baie moeilike en kwellende 
vrae te staan gekom, veral wat die sogenaamde vloek- of wraakpsalms betref, byvoorbeeld 137 (wat tot in die moderne liriek verwerk is en 
voortgesing word). Hierdie Psalm begin lieflik, met die Jode in ballingskap se verlange terug na hulle tuiste, maar teen die einde word 
hulle wraakgevoelens uitgespreek, selfs dat Babel se babatjies doodgemaak moet word  soms sagter, soms krasser vertaal. Ek weet my 
vergelyking is gewaagd, maar: In die Klassieke Griekse literatuur word dit aanvaar as die een krygsman die ander se lyk agter sy krygswa 
aansleep, as die harsings spat, maar Psalm 137 lei tot die standpunt by party mense dat nie alle Psalms omgedig moet word nie, want daar is 
ook Psalms of momente in die Psalms wat problematies is: baie vyandskap, selfregverdiging, ekkigheid, dalk ook ydelheid.

Daar is pro's en kontra's oor hierdie sake. Een van die belangrike pro-argumente is di wat van eeue her af daarop wys dat die Psalms 'n 
taamlik "volledige" prentjie van die mens gee, nie net van die mens van die ou tyd nie maar, presies soos T.S. Eliot van die klassieke 
Griekse literatuur ges het, ook van die mens van vandag. 'n Baie wye register menslike belewenisse is naamlik in die Psalms opgeneem: 
liefde maar ook wraak, opstand maar ook nederigheid, jubeling maar ook (ja!) depressiwiteit, ens. Nie net teolo nie maar ook 'n literator 
soos Northrop Frye het daarop gewys dat die Bybel ten spyte van sy menigvuldige aantal skrywers 'n eenheid besit. Eenheid ondanks veelvoud.

'n Ander pro: Daar is teolo wat daarop wys dat die wraak wat in Psalm 137 uitgespreek word (doodmaak van babatjies) presies dit is wat die 
Babilonirs met die Joodse kinders gedoen het. Nog ander wys op die motief van die wraak dwarsdeur die Ou en die Nuwe Testament, Goddelike 
wraak, maar soms deur mense voltrek. Daar word ook op gewys dat sekere vloekgedeeltes soms op destydse militre retoriek berus.

Dit was nie my opdrag om hierdie probleme op te los deur te kies nie, maar dit het vir my nogtans probleme gebly, en moeilikhede gegee, 
weliswaar ook interessante moeilikhede. Ek het my alleen "skuldig" gemaak aan die opdrag om die ou Nederlandse tradisie, voortgesit in 
Afrikaans, te volg deur al 150 om te dig. Dit is 'n Roomse en Protestantse tradisie, wat vroeg in die Renaissance in Nederland begin het en 
wat deurloop tot by die modernes soos Gabril Smit in Nederland en in Afrikaans tot by Totius en heel onlangs vader Bonaventure Hinwood 
(albei teolo, een 'n Calvinis en die ander Rooms-Katoliek, en albei tewens Afrikaanse digters).

Wat vir my 'n verrassing was, is die verskynsel dat daar teolo is wat, om dit maar in my literre taal te stel, die Psalms wil senseer, of 
hulle wil saniteer, sensureer  ek sukkel maar om dit te beskryf. As mens begin senseer, waar hou jy op, en wie doen dit  tot almal se 
bevrediging? Vir my as digter wat werk met gedigte, het dit voorgekom: gaan maar so eerlik moontlik om met wat voor jou l, en laat die 
keuse oor aan wie daarna wil kies, want gekies word daar in elk geval, en selfs uit 'n "gepurgeerde" omdigting sal daar gekies word. 
Niemand lees ook die hele Shakespeare nie. Maar gaan jy Shakespeare suiwer, of kondenseer? Trouens, ek weet nie van iemand wat nog so 'n 
gesenseerde omdigting van die Psalms met sukses aangepak het nie.

'n Omwerking van al 150 Psalms, so eerlik moontlik, sluit nietemin nie 'n gesenseerde een uit nie, net so min as wat 'n gedealiseerde 
verpuurde en "beter" omdigting 'n ongesenseerde een moet uitsluit. En vrye omdigtings behoort mos maklik te wees? Waarom is dit dan nog nie 
gedoen nie? Ek vra maar.

Met bogenoemde hang die vraag saam of 'n omdigting sogenaamd "getrou" of "vry" moet wees. Die sogenaamd getroue omdigting word ook, lees 
ek, 'n "reproduktiewe" omdigting genoem. Om te praat van 'n reproduktiewe omdigting, is 'n misverstaan van waarom dit gaan in omdigting. 
Die term "omdigting" in plaas van "beryming" is deur my voorgestel, om weg te kom van die opvatting dat dit eintlik om die rym gaan (net 
soos teolo moet afleer om van "versies" te praat as hulle strofes bedoel). 'n Werklik getroue en sekerlik reproduktiewe omdigting is 
onmoontlik, want as jy omdig, dig jy om: jy kies, verskuif, draai om, voeg selfs kontekstueel by, en daar kom 'n haas ontelbare aantal 
formele momente by: semantiese, foniese, sintaktiese, prosodiese, metries-ritmiese momente, om net 'n paar te noem. Daar kom selfs, of 
mense daarvan hou of nie, 'n digterlik-individuele element of sogenaamde "stempel" of duimdruk by, of dit van Datheen of van Vondel of 
Hinwood is, so 'n duidelike gendividualiseerde moment dat selfs by omdigtings nie plagiaat of letterdiewery gepleeg mag word nie!

'n Groot probleem, ten slotte, by die omdigting van die Psalms was om hierdie gendividualiseerde momente aanvaarbaar te maak vir die groot 
singende gemeenskap waarvoor die Psalms bedoel is, en daarby: om so eenvoudig moontlik om te dig. Maklik gevra, veral ook as die musiek jou 
na 'n kant toe uitdwing waar jy self nie wou beland nie. Omdigtings is gedigte. En gedigte is onnatuurlike goed par excellence, in hulle 
woordorde, sintaksis, klank, ritme, noem maar op. Niemand praat (of preek) in versvorm nie, want dit is onnatuurlik om versmatig te praat 
(of te preek). Leipoldt se vers "Kaal is die ou wreld hier en kaal" is 'n goeie vers maar onnatuurlik, vreemd, soos Leopold se "Om mijn 
oud woonhuis peppels staan".

Die taal as sodanig het probleme gegee. Mens maak beswaar teen woorde soos Gods "gramskap", as sou dit argaese taal wees, maar terwyl ek 
hier skryf oor hierdie woord, hoor ek oor die radio dat president Mbeki hom die gramskap van Amerika op die hals gehaal het oor sy 
uitsprake met betrekking tot die MIV/vigs, en in dieselfde week het Mugabe hom volgens my koerant die gramskap op die hals gehaal van die 
EU en Commonwealth oor die plaasbesettings in sy land. Ander wil nie die woord "gewas" vir plant h nie, omdat 'n soort kanker dan 'n gewas 
genoem word (natuurlik is hy 'n gewas, want hy groei  soos 'n plant), maar my boeremense op die plaas praat van somer- en wintergewasse. 
Nog ander wil nie hoor van 'n wond wat, soos my plaasmense ges het, "dra" (etter) nie, of van musiseer nie (en net nou die dag lees ek van 
'n teoloog hoe die vromes vroer naweke tuis gesing en gemusiseer het). Natuurlike, eenvoudige taal moet nie lei tot taalverarming of 
potiese verarming in die algemeen nie.

Al gehoor van tussen die Scylla en Charybdis deurvaar? Prof. T.T. Cloete is bekroonde digter, skrywer en afgetrede hoogleraar in Afrikaans 
en Nederlands van die Potchefstroomse Universiteit vir CHO.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7316.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

